Accredited DStv Installers in the Pretoria, Moot & Centurion areas - Professional & Dependable - Since 1986.

Afrikaans TV ASTV teaser

What is ASTV - Afrikaans TV?

Agtergrond

Afrikaanse Satelliet Televisie (ASTV) is gestig om ’n diens te lewer as ’n plaaslike, gemeenskaps televisie kanaal, met Christelike beginsels. ASTV fokus op kwaliteit gesins-vermaak, aktualiteits programme, nuus en sport wat nasionaal uitgesaai sal word. Alle programmatuur sal van die hoogste gehalte, nie-diskrimenerend en ook opvoedkundig wees.

Op grond van publieke versoek en ander faktore buite ons beheer, het die direksie van ASTV besluit dat ASTV se volwaardige uitsending op Maandag 4 Januarie 2010 sal begin en nie op 2 November 2009, soos beplan nie.

Die redes hiervoor is:

Vandat ASTV se toetsuitsending op 13 Augustus afgeskop het, het die nuus van die kanaal se bestaan soos ’n veldbrand versprei, soveel-so dat ASTV se webwerf vanaf 13 Augustus 2009 tot en met 1 November 2009 kan spog met ’n besoekerstal van 10 374. Sowaar iets om op trots te wees.

  1. Beeld, Die Volksblad en Die Burger op 10 Oktober ’n artikel oor ASTV geplaas. Hierdie berig het gesorg vir ’n totale groei van 315% op ons webwerf binne een dag. (Danksy Thinus Ferreira, joernalis vir die Burger in Kaapstad.)
  2. Weereens meld ons dat ASTV be-oog het om slegs ’n plaaslike TV-kanaal te wees, maar na hierdie “ontploffing” moes die direksie asook elke personeellid van ASTV begin rondskarrel om by al ons kykers, toekomstige adverteerders en borge uit te kom. (ons ontvang selfs e-posse vanaf Australia, Amerika en Nieu-Zealand, waar mense ASTV via “internet-streaming” wil kyk)
  3. Van ASTV se adverteerders het aangevra om die spertyd vir advertensies aan te skuif en produksie- huise wil graag meer tyd hê om die programme waarmee hulle besig is, te voltooi.
  4. Telkom kon ook nie aan ASTV die diens lewer soos per kontrak nie. Hierdie diens - om direk vanaf Rustenburg uit te saai - sal egter volgens Telkom, “hoë prioriteit” geniet. ASTV het geen beheer oor die uitsending nie en is in die hande van ’n ander uitsaaimedium.
  5. Hiermee gee ons dus die produksiehuise, adverteerders, Telkom asook ander instansies ’n ekstra twee maande om hul beeldmateriaal en diens soos verlang aan ons te verskaf, om sodoende slegs die beste diens en kwaliteit-produk aan ASTV se gewaardeerde kykers te bied!

Graag gee ons die instel-metode om dekodeerders in te skakel:

    Druk “Menu” op u afstandbeheer Kies “advanced options” druk OK Kies “Dish installation” druk OK “Pin Code” 9949 en druk OK Kies “network configuration” druk OK Kies “Network 2 setup” druk OK “Signal Setup” moet “Enabled” wees Verander die volgende netwerk “settings” Frequency : 11170 Symbol rate : 26652 Fec : ¾ Polarisation : Vertical Use NIT : Yes “Accept settings” druk OK “Scan all networks” druk OK Druk “TV” knoppie en kies “public bouquet” druk OK
Afrikaans TV ASTV teaser

Ons het enkele voorvalle gehad waar mense ’n “error” booskap kry wat lui: “Orbital Position Not Supported...” In so ’n gaval moet u net seker maak u het die stappe hierbo gevolg tot by "Accept Settings" en daarna die krag koord uittrek vir 30 sekondes. Wanneer u die krag koord terugsit, sal die dekodeerder n geforseerde scan van die nuwe kanaal doen en u kan dan die laaste stap doen soos hierbo uiteengesit.

Sou u dekodeerder vir enige rede anders as normaal funksioneer, kan u dit herstel na fabriek verstellings deur op die “Dish Installation” menu, die opsie “Reset to factory defaults” te kies.

Gaan besoek gerus ook ASTV se weblad.

Indien u DStv dekodeerder u probleme gee of dit nie instellings aanvaar nie, kan u ’n FTA (free to air) dekodeerder by ons koop vir R999.00 installasie uitgesluit. Die voordeel van ’n FTA dekodeerder is dat as u ’n DStv dekodeerder het kan u DStv in een kamer kyk en ASTV gelyktuidig in ’n ander kamer. indien u in Centurion of Pretoria woonagtig is en verdere inligting benodig skakel TV& Video Doctor gerus op 012 664 5223.